Die boere het saamgewerk nadat twee gewapende mans die gesin gekaap en met hulle van Giant’s Castle na Ladysmith gery het, sê Mark Titout van die sekuriteitsmaatskappye Secure SA.

Die pa, ma en een van hul kinders kon daarin slaag om te ontsnap toe die verdagtes by die Midlands-diensstasie gestop het, maar die negejarige seuntjie kon nie wegkom nie.

Hulle het die petrolstasie se eienaar daarvan in kennis gestel.

Plaaslike boere is gebel en die motor is op die pad tussen Colenso en Estcourt gewaar, waar dit met behulp van die polisie by die afdraai na Loskop gestop is. Die seuntjie is gered en die twee kapers in hegtenis geneem.

Bron: News24