Die polisie het die 27-jarige Woensdag in die vroeë oggendure by woonstelblokke in Windsor-Wes gekry.

Die kaping het opslae gemaak toe beeldmateriaal van die voorval op die internet versprei is. Daarin kon jy sien hoe die slagoffers se wit RAV4 deur die kapers afgesper word  en hulle met ’n AK-47  uitgeboender word.

Die video wys die hele voorval duur net 48 sekondes.

“Die polisie het ’n wenk oor die misdadigers se bewegings gekry,” het konst. Ndivhuwo Mulamu, woordvoerder van Linden-polisiekantoor gesê. “

Ndivhuwo kon nie bevestig of hulle die RAV4 weer opgespoor het nie en het gesê sy sal later vanmiddag meer besonderhede hê.

Kyk die video hier: