Kanye West is oortuig hy en Kim Kardashian is goed op pad om die magtigste A-lys-egpaar ter wêreld word.

Die 36-jarige rapper wil hê hulle moet gewilder wees as Jay Z en sy vrou, Beyonce Knowles, wat verlede maand deur die tydskrif Vanity Fair as die magtigste egpaar op aarde aangewys is.

’n Bron het aan die skinderwebtuiste RadarOnline.com gesê: “Kanye het uitdruklik vir Kim gesê hy glo hulle sal die grootste kragpaar ter wêreld word. Hy dink regtig hulle sal nog gewilder as hul goeie vriende Jay Z en Beyonce wees.”

Die Blood On The Leaves-sanger, wat ’n vier maande oue dogter, North, by Kim het, help die Keeping Up with the Kardashians-ster haar beeld herskep en Beyonce naboots.

Die bron het gesê: “Dit is een van die redes waarom Kanye vir Kim gesê het sy moet haar haarkleur verander. Hy dink dit het Kim van net ’n werklikheidster tot ’n wêreldsuperster verhoog.

“Beyonce is baie gesteld op hoe sy haar in die openbaar en sosiale media voorstel. Kim volg nou Bey se voorbeeld. Kim stel bitter min foto’s van North vry en dit ook dan net met Kanye se goedkeuring. Hy reël alles agter die skerms.”

Kim (33) het glo probleme met baie van haar ou vriende, want hulle meen sy het hoogmoedig geraak sedert sy 20 maande gelede met Kanye begin uitgaan het en wil baie graag hegte bevriend raak met Beyonce.

Die bron het gesê: “Dalk dink Kim sy gaan beste vriendinne met Beyonce raak, maar sy moet besef hulle is nie vriendinne nie en sal nooit wees nie.

“Beyonce is op ’n heel ander plek as Kim, in ’n ander stersone, en hulle gaan nie beste vriendinne wees of saam uithang nie, tensy dit saam met hul mans of by geleenthede is.”