Kanye West wil hê Kim Kardashian moet weer swanger raak.

Die rapper Kanye (36), wie se lewensmaat in Junie die lewe geskenk het aan hul dogter, North West, probeer haar oorreed om hul gesin binnekort uit te brei. Sy wil egter nou daarop konsentreer om haar lyf reg te ruk.

’n Bron het aan die Britse tydskrif Closer gesê: “Kim is regtig nou daarop toegespits om haar nr. 8-figuur terug te kry.

“Kanye het egter onlangs voorgestel hulle probeer nog ’n baba kry, aangesien hy nie ’n groot gaping tussen hul kinders se ouderdomme wil hê nie.

“Kim wil egter nie nou aan nog nege moeilike maande dink nie. Sy het vir Kanye gesê sy wil haar figuur terughê, nie nog ’n baba nie.”

Die ingeligte beweer dat Kim aan ’n operasie dink om te verslank. Kanye, wie se ma, Donda West, oorlede is nadat komplikasies tydens chirurgie ingetree het, wil egter nie hê sy so iets drastiese doen nie.

Die bron sê: “Kim se grootste bekommernis is haar borste. Hulle het tydens die swangerskap tot ’n F-keël vergroot. Dis dubbel so groot soos dit was, en sy dink haar borste hang. Sy het reeds ’n paar doktersafsprake gemaak en sien uit na nie-indringende lipo aan haar maag en heupe.

“Kanye kry die stuipe oor plastiese chirurgie; hy het vir haar gesê sy is pragtig en hoef niks te laat doen nie.”