Kanye West (36) het glo reeds vier nuwe liedjies oor sy dogter geskryf sedert haar geboorte verlede week.

Die geboorte van sy eerste kind het die rapper, wat pas die album Yeezus bekendgestel het, so begeester dat hy reeds nuwe musiek begin skryf het.

’n Bron het aan Life & Style gesê: “Die geboorte het hom baie geïnspireer. Hy het al vier liedjies geskryf.”

Kanye se meisie, Kim Kardashian (32), en hul baba is blykbaar Donderdag 20 Junie uit die hospitaal ontslaan en daar is intussen onthul dat Kanye gelukkig is daarmee dat hulle drie by Kim se familie intrek tot die verbouings aan hul nuwe herehuis in Bel Air afgehandel is.

’n Bron het voorheen verklap: “Al wat gaan gebeur, is dat die familie Kim gaan help en alles in die huis gaan doen terwyl sy en Kanye net met die baba ontspan. Dit klink na ’n wenner Dis heelpad eersteklasdiens by Kim se ma se huis.

“Hulle is baie dankbaar vir die behandeling wat hulle gekry het en die gasvryheid (by die hospitaal) is wonderlik. Maar niks klop by die huis wees nie – in jou eie ruimte, met jou eie goed.”