• Kanye (36) was vyf toe hy begin gedigte skryf het en het al op agt begin kletsrym.
  • Kanye en sy ma het vir ’n jaar in China gewoon toe hy 10 jaar oud was. In sy tyd daar het hy die Chinese kinders in skaapvleis-sosaties laat betaal om hom te sien dans.
  • Hy het sy eerste liedjie aan die Chicagose rapper Gravity verkoop teen R88 000. Hy het die geld gebruik om ’n Jesus Piece-hangertjie en klere van die handelsmerk Polo te koop.
  • Drake was die eerste kunstenaar wat druk op Kanye geplaas het om harder te werk aan sy rapper-liedjies.
  • Hy hou geen pryse by sy huis nie.
  • Sy mees onlangse album, Yeezus, was nommer een in 31 lande en is sy sesde opeenvolgende album wat as die nommer een op trefferlyste verskyn.
  • Ná hy ophou universiteit toe gaan het, het hy as ’n telebemarker gewerk om huur aan sy ma te betaal. Hy het dit ook oorweeg om ’n porno-akteur te word.
  • Hy was in 2002 verloof aan die modeontwerper Alexis Phifer. Die verlowing het 18 maande gehou en was die inspirasie vir sy album van 2008, 808’s & Heartbreaks.
  • Kanye sê hy sukkel as modeontwerper, want die bedryf neem hom nie ernstig op as ’n swart ontwerper nie. “T-hemde, dis mos al wat ons kan doen.”
  • Hy hou nie juis van lees nie. “Soms skryf mense boeke net om vol woorde en selfbehep te wees. Ek is nie ’n aanhanger van boeke nie.”
  • Hy glo hy is die Here se uitverkorene. “Hy het my gekies. Hy het vir my ’n pad gemaak. My grootste pyn in die lewe is net dat ek nooit myself in ’n lewendige optrede sal kan sien nie.”

Bronne: BBC.CO.UK, COMPLEX, KAN-YEEZI.TUMBLR.COM, NME.COM, DAILYMAIL.CO.UK, BUSINESSINSIDER.COM