Volgense Kim Kardashian het haar kêreld Kanye West “nog nooit voorheen ’n baba vasgehou nie”.

Kim het op 15 Junie die lewe geskenk aan haar eerste kind, North West, by die rapper. Sy sê al het Kanye maar min ervaring met kinders dink sy hy sal ’n goeie pa vir hul dogter wees.

In ’n episode van Keeping up with The Kardashians wat voor die koms van klein North verfilm is, het Kim gesê: “Hy het nog nooit eens ’n baba vasgehou nie.

“Eerlikwaar, ek hou nie van die meeste kinders nie. Ek dink Kaney sal behep wees en hom daarin verdiep.”

Kim bly sedert North se geboorte by die huis uit respek vir Kanye se wens om hul kind uit die kollig te hou, maar sy is glo keelvol daarvan om haar skaars te hou.

’n Bron het voorheen gesê: “Sy sê sy is siek van wegkruip. Sy wil bitter graag hê mense moet sien hoe oulik sy (North) is. Sy wil hê haar aanhangers moet sien hoe skattig sy is. Sy sê sy weet mense sal net so lief wees vir haar as sy en sy wil hê mense moet sien hoe mooi sy is.”