Kanye West sê die geboorte van sy dogter het sy lewe nuwe betekenis en perspektief gegee.

Die rapper, wat vandeesweek verloof geraak het aan Kim Kardashian, sê die geboorte van hul vier maande oue dogter, North, het hom sterker gemaak en hom bestaansrede gegee.

“Dis een ding om te sê ek wil dinge doen wat die wêreld sal help, maar dis ’n heel ander storie om ’n gesin te hê, om werklik te verstaan wat dit beteken om ’n pa te wees,” het hy in San Francisco aan die radiostasie 99.7NOW gesê. “Dit gee jou ware perspektief oor die Amerikaanse droom, die wêrelddroom. Dis waaroor die lewe gaan – familie.”

Kanye het Maandag die AT&T Park-bofbalstadion in San Francisco gehuur om sy “droommeisie” op haar 33ste verjaardag die jawoord te vra. Hy het ’n diamantring van 15 karaat aan haar vinger gesteek. “Sy het my ’n pragtige dogter gegee en sy het ’n ongelooflike, pragtige familie wat nou ook my familie is. Dis lekker om daardie soort stabiliteit te hê in die wipwaentjiebestaan, veral as jy beroemd is, om iemand te hê wat verstaan, wat so lieftallig is en my nie wil hê oor my geld nie. En sy lyk ook baie goed.”