Die paartjie se eersteling is op 15 Junie, die dag voor Vadersdag, gebore en Kim (32) wou dié spesiale dag vier deur Kanye te bederf met die versamelstukke, onderteken deur wyle Steve Jobs en Steve Wozniak. Op Maandag 1 Julie het Kanye ’n foto getwiet met die boodskap: “Een van die ander geskenke wat my meisie my vir Vadersdag gegee het.” Intussen is bekendgemaak Kim en Kanye (36) het besluit om ’n foto van hul baba, North, vir miljoene aan ’n tydskrif te verkoop en die geld dan vir liefdadigheid te skenk. Dit volg nadat Kanye vroeër gesê het sy dogter se privaatheid is sy nommereen-prioriteit. Kim het ook besluit North sal nie te sien wees in die volgende seisoen haar werklikheidsreeks Keeping up with the Kardashians of op haar ma, Kris Jenner, se nuwe geselsprogram nie.