kimye (1)

Die paar het ’n ses maande oue dogter, North, en wil ’n skouspelagtige bruilof hou in die koninklike chateau suidwes van Parys. Die koste is vir hulle ’n bysaak.

'n Bron het aan Us Weekly gesê: “Kanye was nog nie getroud nie en wil ’n groot (troue) hê. Hulle werk nie volgens ’n begroting nie.”

Kim is op 19 met die musiekvervaardiger Damon Thomas getroud en hulle is in 2003 uitmekaar toe hy ’n egskeiding gevra het.

Die werklikheidspeler het in August 2011 met haar tweede man, die basketbalspeler Kris Humphries, afgehaak op ’n troue van R100 miljoen, maar net  72 dae later ’n egskeiding gevra.

Kanye (36) het vroeër vanjaar die jawoord gevra toe hy die hele AT&T Park-stadion in San Francisco bespreek en vir Kim (33) ’n diamantring van 15 karaat aangesteek het terwyl vuurwerk ontplof.

Kanye aanvaar verantwoordelikheid vir die beplanning van die groot dag. Hy wil hê dit moet die “grootste skouspel op aarde wees” en Kim is tevrede daarmee dat haar verloofde die leiding neem.

’n Bron het voorheen gesê: “Kanye het ’n baie spesifieke idee van hoe die plegtigheid moet lyk en dit sal nie ’n stemmige affêre wees nie . . . Kim laat Kanye beheer neem, soos sy met alle ander aspekte van haar lewe maak. Sy word oor alles geraadpleeg, maar dit verskil hemelsbreed van hoe Kim haar troue met Kris benader het. Dit was Kim se troue. Dié keer is dit Kanye se troue.”