Die paartjie is volgns berigte verloof, maar Kanye moet nog glo ‘n verloofring koop.

Hy het egter vir Kim ‘n $500 000-diamantring gegee om North se geboorte te vier. Hulle beplan glo om in September in Parys te trou.

Iemand na aan die paartjie het aan The Sun-koerant gesê: “Kanye het geen geld ontsien om seker te maak Kim het alles van die beste gehad terwyl sy in die hospitaal was.”

“Hy het ‘n halfmiljoen op die ring spandeer en het dit reeds maande terug laat ontwerp.”