Volgens die Britse koerant The Mirror het Andy (27) die 25-jarige skoonheid verlede week met ’n duur diamantring die jawoord gevra, en het sy agent bevestig die paartjie is verloof.

Kim, ’n kunstenaar, het Andy in 2005 by die Amerikaanse Ope ontmoet toe sy dit saam met haar pa, ’n tennisafrigter, bywoon.

Bronne: The Mirror, BBC News