Liu Tianlun het die baba onmiddellik probeer red, maar die vrou, Li Zhenghua (24), het geweier om die baba te los, berig die Britse koerant The Mirror. Die vrou is drie dae tevore op straat in kraam aangetref. Sy is na die hospitaal gebring waar sy normaal gekraam het en het daar gebly terwyl hospitaalpersoneel haar familie probeer bereik het.
'Die byt het die arm erg beskadig.'

“Dit was regtig skokkend; die byt het die arm erg beskadig en was gekneus en bebloed.

“Gelukkig kon dokters iets in die ma se mond sit om te keer dat sy tande sluit en het toe haar kaak oopgekry.

“Agterna het hulle haar ’n kalmeermiddel gegee en die baba na ’n veilige plek geneem.”

Volgens die hospitaalpersoneel besluit hulle nog of hulle die baba aan die ma sal teruggee.

Bronne: mirror.co.uk, metro.co.uk, asiaone.com