Toe sagteweefsel epitelioïede sarkoom, ’n seldsame soort kanker, by Kristi Loyall (25) gediagnoseer word, moes sy haar regterbeen laat amputeer. Maar dié boorling van Oklahoma het ’n manier gevind om haar verlore been vir altyd by haar te hou.  

In April 2016 is die seldsame siekte eindelik by Kristi gediagnoseer nadat haar simptome dokters vier jaar lank verbyster het. 

Sy het aan PBS News gesê dit het alles begin met ’n lam gevoel in haar regterkleintoontjie. Die lamheid het mettertyd na haar voet en onderbeen versprei. 

Ná die diagnose het sy nog slegter nuus gekry – sy sou die hele been moes laat afsit. 

Hung out with an old friend today #amputee #skeleton #funnybone #foot #porch #whiteasslegs #onefootwander

A post shared by cancer foot??? (@onefootwander) on

Maar Kristi se antwoord was een wat haar dokter beslis nie verwag het nie – sy het hom gevra of sy die been kon hou nadat dit afgesit is. 

“Hy het gedink ek maak ’n grap en ek het geantwoord: Nee, ek wil dit regtig terughê,” het die 25-jarige aan PBS Newshour gesê.

“Ek is nogal vreemd in daardie opsig,” sê Kristi. “My ouers het my probeer oortuig om dit nie te hou nie, maar ek het gedink ek sal die res van my lewe spyt wees as ek dit nie doen nie.”

Ná haar operasie, is haar wens bewaarheid – en nou gaan Kristi nooit uit die huis uit sonder die bene van haar regterbeen nie.

Die vrou wat kanker geklop het, het haar bene na die onderneming Skull Unlimited gestuur om dit te laat wit maak en aan mekaar heg. Die eindresultaat lyk soos die skelet wat ’n mens in ’n skole se laboratoriums sal sien. 

Hole in one #golf #amputee #skeleton #foot #funnybone #footloose #onefootwander

A post shared by cancer foot??? (@onefootwander) on

Die @onefootwander, soos Kristi op Instagram bekendstaan, deel foto’s van haar daaglikse reise met haar amper 20 000 volgeling.

Dippin my toes in the water #amputee #skeleton #foot #cancersucks #cancer #epithelioidsarcoma #sulphur #onefootwander

A post shared by cancer foot??? (@onefootwander) on

Kristi, wat nie op die oomblik werk nie weens haar gebrek, gebruik haar tong in die kies Instagram-rekening om geld vir haar versorging in te samel. 

“Oor die algemeen laat dit my beter oor die lewe voel om grappe oor goed te maak. Dit laat my beslis beter voel om ’n grap van die situasie te maak.”

Happy new year guys, fuck 2016 haha #amputee #skeleton #foot #onefootwander

A post shared by cancer foot??? (@onefootwander) on

Kristi hoop ook haar Instagram-blad help om mense op te beur. 

“Ek wil hê my Instagram-rekening moet mense wat moeilike situasies beleef, wys die lewe gaan aan en daar is hoop.”

Bronne: dailymail.co.uk, ktla.com, today.com