Kim en Phil het pas drie dogtertjies aangeneem en hulle was in die wolke toe Kim ontdek sy verwag nog ’n kind. Maar hul geluk was aan flarde toe Kim vir ’n swangerskapsondersoek gaan en uitvind daar is twee gewasse aan haar brein.

[caption id="attachment_118818" align="alignnone" width="598"]Kim en Phil, wat reeds twee kinders gehad het, het pas drie dogtertjies aangeneem toe hulle uitvind Kim is weer swanger. Nou bid hul familie vir ’n wonderwerk. FOTO: Facebook Kim en Phil, wat reeds twee kinders gehad het, het pas drie dogtertjies aangeneem toe hulle uitvind Kim is weer swanger. Nou bid hul familie vir ’n wonderwerk. FOTO: Facebook[/caption]

Kim Vaillancourt (36) en haar man, Phil (37), van New York was platgeslaan nadat glioblastoom,’n skaars kankersoort, twee dae ná Kersfees by die swanger ma gediagnoseer is.

“As dit nie vir die baba was nie, sou sy nooit hospitaal toe gegaan het nie,” het Phil aan die nuuskanaal KHOU in Texas gesê.

Lees ook: Johnson & Johnson moet R1,1 biljoen skadevergoeding betaal vir sterfte wat met babapoeier verbind word

Hulle het die nuus op 27 Desember gekry, slegs ’n paar dae nadat hulle drie meisies, Kamila (10), Josie (7) en Chalie (6), uit ’n onstabiele huis aangeneem het.

Kim en Phil, wat verlede jaar die 15de herdenking van hul troudag gevier het, het reeds twee eie kinders: die 12-jarige Ryan en die 11-jarige Hailey. Nou bid die ouers van ses vir ’n wonderwerk.

Die neuro-onkoloog dr. Ajay Abad van die Roswell Park-kankerinstituut het aan die nuuskanaal gesê as die gewasse nie behandel word nie, raak Kim se tyd moontlik ál minder.

“In party gevalle groei die gewas weer binne 12 tot 18 weke,” het Ajay verduidelik.

Chemoterapie en bestraling keer die teruggroeiproses by die meeste pasiënte, maar Kim is nie soos die meeste pasiënte nie; sy is agt maande swanger en die baba is haar eerste prioriteit.

“Die baba het my ’n kans gegee; ek moet die baba ’n kans gee,” het Kim gesê.

Die ma het ook haar besorgdheid uitgespreek oor haar man wat alleen agtergelaat kan word as versorger van hul ses kinders, veral omdat hul dogter Josie sonder arms en bene gebore is.

“Ek is op een van twee plekke. Ek kan òf by Phil en die kinders bly en lank leef òf ek gaan huis toe, na Jesus toe. Ek is oukei. Phil is die een wat alles bymekaarhou en sy varkies in hierdie mal tyd op hok moet probeer hou.”

Lees ook: ‘Aantreklike oupa’ se pragtige glimlag op 66 jaar oue foto oorrompel die internet

Kim het ook die wens uitgespreek dat sy sal bly leef om te sien hoe haar kinders gradueer en trou.

Haar oudste kind, Ryan, het sy gedagtes oor sy ma se toestand gedeel. “Ek weet dit gebeur vir ’n rede. Ek weet net nie wat die rede is nie,” het hy gesê.

Die familie en vriende het hul steun vir die Vaillancourt-gesin getoon deur ’n GoFundMe-blad te skep om Kim se hospitaalrekeninge te betaal, en ook vir die kinders.

Die paartjie het reeds ’n naam gekies vir hul babaseuntjie: Wyatt Eli. Dit beteken “brawe klein krygsman gestuur deur God”.

Bronne: MailOnline, Fox News, KHOU

– Litaletu Zidepa

Ander stories op Huisgenoot.com:

Vaaljan ‘Wikus van de Merwe’ van District 9-faam haak af met sy SA skoonheid

Dramatiese reddingspoging ná man glo weier om van 40 m hoë kragpaal te klim

Kyk: Karen Zoid en Jan Blohm gee Groen Trui saam nuwe lewe

Seer knieë? Probeer botoks

Ses redes waarom jy meer groentee behoort te drink

Verkeerspolisie ry doelbewus rondloperhond dood sodat ‘dit nie ly nie’