Die voormalige Springbok- en Bulls-flank Ruben Kruger (39) het sy jarelange stryd teen kanker verloor.

Kruger is Woensdagaand oorlede.

Hy het van 1993 tot 1999 as Springbok-flank uitgedraf en was deel van die seevierende Wêreldbeker-kampioenspan van 1995.

Kruger is ook in 1995 as Saru se speler van die jaar aangewys.

Hy het 36 keer vir die Bokke uitgedraf en het sewe drieë gedruk.

Dokters het in 2000 'n breingewas by hom diagnoseer en in 2007 en 2009 het hy twee breinoperasies ondergaan waartydens gewasse uit sy brein verwyder is.

Vir meer oor hierdie storie: http://www.nuus24.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/1479/ae9066b7aca8454e81a83d573080c78b/28-01-2010-07-39/Ruben_Kruger_sterf