DIT klink dalk soos 'n aweregse sprokie met ’n gelukkige einde – ’n meisie wat ’n leeftyd gewag het vir haar prins en dan uiteindelik sy hart verower.

Maar die liefdespad van die sanger Steve Hofmeyr en Janine van der Vyver is ver van ’n feëverhaal. Sy was immers sy skelmpie, jare lank. En toe alles uiteindelik ontplof en hy haar afmaak as “popster-afleiding’’, het Janine wraak geneem deur hom hof toe te sleep.

Nou is hulle nogmaals duifies. Maar ná alles wat die twee mekaar al aangedoen het, kan daar hoegenaamd nog ’n fondament vir ’n gesonde verhouding oorbly?

Steve het self huiwerig geklink toe hy pas op Facebook aankondig dat hy en Janine mekaar weer sien. ‘‘Ons is damaged goods,’’ het hy erken. ‘‘Kom ons kyk of hierdie vergifnis-ding werk.’’

Lees die volledige artikel in die Huisgenoot van 3 Maart 2011