Dit wil voorkom of die liefde inderdaad alles kan oorwin. Veral as jy kyk na dié foto wat Justin Bieber onlangs op Instagram gedeel het.

Feels

A photo posted by Justin Bieber (@justinbieber) on

Lees ook: Selena Gomez se roerende antwoord op Justin Bieber foto van hulle in gelukkiger tye Dit was dalk nie genoeg om die jong verliefdes se verhouding te laat werk nie, maar dis beslis genoeg om Kendall Jenner van haar Instagram-troontjie af te stoot. Die foto van die werklikheidstelevisiester met haar hare wat in hartjies om haar kop gevorm is, was voorheen die gewildste Instagram-kiekie met 3,5 miljoen wat daarvan gehou het. Sowat 3,6 miljoen het tot dusver gehou van die foto wat Justin vroeër vanjaar van hom en Selena gedeel het.

A photo posted by Kendall Jenner (@kendalljenner) on

Lees ook: Britney Spears bring roerende hulde aan haar seuns

Dit is dus die soort foto’s wat die wêreld se verbeelding op Instagram aangryp.

Maar kyk hierna vir ’n bietjie perspektief: Dís wat gebeur het toe ’n vrou bekendes se Instagram foto’s nageboots het.

Ander stories op Huisgenoot.com:

Sterre in futuristiese robot-pakke, lateksrokke laat die koppe draai by vanjaar se Met-gala

Aitsa! Die geheim agter Karlien van Jaarsveld se nuwe styl

29-jarige met Downsindroom verloor byna 50 kg in ongelooflike transformasie

Soete weerwraak van verkulde geliefde: ‘Hoop sy was dit werd!’