Ons weet hulle gaan elke jaar groot vir Halloween in Amerika, en die glansmense van Hollywood is geen uitsondering nie. Hulle het hierdie jaar behoortlik uitgehaal en gewys met buitensporige kostuums wat jou na jou asem sal laat snak.

Van Paris Hilton se privaat Halloween-partytjie tot die rapper Tyga en Kylie Jenner se intieme "Dooie Dinee", wil dit vir ons voorkom asof al wat 'n bekende is gaande daaroor was om vanjaar 'n Halloween-kostuum wat uitstaan, aan te trek. Sommige was so goed en realisties, ons kan hulle skaars herken!

1. Bette Midler


Hierdie legendariese aktrise het herinneringe van ons kinderdae herroep deur soos haar Hocus Pocus-karakter van 23 jaar gelede aan te trek.

2. Kylie Jenner


Nee, hierdie is glad nie 'n kiekie van Christina Aguilera van ouds nie! Dis eintlik die jongste lid van die Kardashian-Jenner-gesin wat op 'n epiese wyse die sangeres se 'Drirrty'-musiekvideo van rondom 2002 nagemaak het.

A photo posted by Kylie (@kyliejenner) on


3. The Carters


Wat sal Halloween wees sonder die Carters? Ja, Beyoncé en Jay-Z het die spokerige atmosfeer omhels en hul eie weergawe van die 80's en 90's popgroep 'Salt-N-Pepa weergegee. Die sangeres het 'n swart pruik gedra met 'n goue hangertjie en 'n oorgroot 90's baadjie - en het perfek gelyk!

A video posted by Beyoncé (@beyonce) on



4. Katy Perry and Orlando Bloom


Katy Perry het almal laat skater van die lag toe sy by haar partytjie opdaag as die presidensiële kandidaat Hillary Clinton, en haar kêrel, die akteur Orlando Bloom, natuurlik as Donald Trump.

Having a little pre party before I take office #IMWITHME Cheers to @svedkavodka #howtosvedka @hillaryclinton

A photo posted by KATY PERRY (@katyperry) on



5. Nina Dobrev


Hierdie ster van The Vampire Diaries het soos die kontroversiële olimpiese swemmer Ryan Lochte aangetrek kompleet met goue medaljes, spandex en daai gebleikte hare!

Had a blast in Rio. Oh, and we also won some Gold Medals. #GoUSA?????#RyanLochte #JimmyFeigen

A photo posted by Nina Dobrev (@ninadobrev) on


Die aktrise het 'n foto van haar en 'n vriendin op Instagram gedeel met die woorde "Horsing around this Halloween with my costar Leo. Pretty sure I got the short end of this stick, being a blanket is overrated. #Neigh? #TheRevenant?@cheeklane @leonardodicaprio." daarby

6. Mariah Carey


Ten spyte van gerugte dat haar verlowing met James Parker iets van die verlede is, het die sangeres met haar eksman Nick Cannon en hul skattige tweeling, Monroe en Moroccan opgedaag.

A photo posted by Mariah Carey (@mariahcarey) on


A photo posted by Mariah Carey (@mariahcarey) on


7. Nick Jonas en Demi Lovato


Ons is beslis nie meer in Kansas nie! Die sangers (en beste maats) Nick en Demi het soos karakters uit The Wizard of Oz aangetrek.

A photo posted by Nick Jonas (@nickjonas) on


8. Leona Lewis


Pragtig in pers! Leona het skitterend gelyk as 'n futuristiese ruimtewese.



9. Emma Roberts


Die ster van Scream Queens het haar karakter uit daardie reeks gestand gedoen deur soos 'n spokerige geraamte op te daag.

? @jasongarofolo @anthonyholguin ?

A photo posted by Emma Roberts (@emmaroberts) on


10. Amy Schumer


Die skreeusnaakse Amy en haar kêrel, Ben Hanish, het soos Dustin en Eleven van die spokerige Netflix-reeks Stranger Things opgedaag.

Stranger things #happyhalloween from Eleven and Dustin!

A photo posted by @amyschumer on


A photo posted by @amyschumer on


11. Jenna Dewan Tatum


Het Jenna pas Halloween gewen? Hierdie pragtige vrou van Channing Tatum het soos 'n magiese eenhoring - kompleet met blinkers en reënbooghare - aangetrek.


Bronne: DailyMail.com, Metro.co.uk, People.com, Popsugar.com