Alex Emerson-White (27) van die Verenigde Koninkryk eet weekliks 130 sjokoladestafies as die Engelse maatskappy Marks & Spencer se Paaseierkeurder.

Sy reis wêreldwyd op soek na die perfekte lekkergoed vir die winkel. Sy het onder andere vanjaar ’n 1,5 kg Giant Golden Lattice Egg en ’n Percy the Pig-eier, ’n kindergunsteling, geproe.

“Dit wissel van week tot week, maar ek kan 50 tot 60 stukkies sjokolade per week eet wat altesaam omtrent 5 kg is,” sê sy. “Ek gaan darem vier keer per week gim toe om seker te maak ek bly fiks en gesond.”

Bronne: mirror.co.uk, Twitter