Dit volg nadat sy ma hom vier jaar gelede as vermis aangemeld het.

A-13-year-old-boy-reported-missing-four-years-ago

Die owerheid het vyf mense in hegtenis geneem, insluitend die pa en die seun se stiefma, het die plaaslike nuuskanaal WXIA gesê. Hulle het beeldmateriaal uitgesaai van die seun in sy ma se arms toe hulle Saterdag herenig is.

Die Clayton-polisie is Vrydag na ’n huis ontbied, maar sers. K. T. Hughes het gesê die inwoners het enige kennis van die kind ontken.

Maar net om seker te wees het hulle die huis deursoek. Volgens die verslag het hulle niks gevind nie.

Maar toe die polisie ure later weer na die huis ontbied is, het hulle ’n tweede soektog gedoen. Tydens die soektog kon die seun sy ma bel en laat weet waar hy is, luidens berigte.

Sy het hulle na ’n valse muur kon lei wat deur handdoeke versteek is.

Die wegsteekplek was bo die motorhuis, het WXIA berig.

“Dit het ons almal geskok,” het een buurman gesê. “Hulle was vriendelike mense en het gesê ons kan enige tyd kom kuier.”

Die polisie het aan Atlanta se Channel 2 gesê die ma het blykbaar die kind in 2010 by die kindersorg-owerheid as vermis aangemeld, maar nie die polisie nie omdat sy glo ’n immigrant was en nie vertroud met die regstelsel was nie.

Die pa en stiefma, Gregory Jean (37) en Samantha Joy Davis (42), asook drie ander, is aangekla van dwarsboming, wederregtelike inhegtenisneming en wreedheid aan kinders.

Bure het gesê hulle het die seun af en toe in die agterplaas sien werk en dat hulle gehoor het hy word tuis onderrig, volgens berigte.

Die organisasies Missing Children en Pink Ladies het die volgende raad vir ouers:

  • Moenie 24 uur wag nie; meld onmiddellik by ’n polisiestasie aan. Dit is ’n algemene wanopvatting dat jy ’n spesifieke tydperk moet wag voor jy iemand as vermis aanmeld.
  • Voltooi ’n SAPS-55(a)-vorm by jou naaste polisiekantoor in. Neem ook ’n onlangse foto van jou kind saam, asook enige foto’s of inligting wat die polisie kan help. Maak seker jy het die naam en kontaknommer van die beampte wat jou saak behartig.
  • Bel Missing Children by 072-647-7464 of Pink Ladies by 072-214-7439 en stel hulle in kennis jou kind is vermis.
  • E-pos die volgende inligting aan Missing Children at info@missingchildren.co.za of faks dit aan 0860-580-3310. Jy kan dit ook na Pink Ladies by missing@pinkladies.org.za of admin@pinkladies.org.za stuur. Hulle sal pamflette en inligting rakende jou kind se verdwyning uitstuur:

  1. Jou kind se naam.
  2. Jou kind se ouderdom.
  3. Die omstandighede waarin jou kind verdwyn het.
  4. Die besonderhede van jou SAPS-55(a)-vorm, soos die naam van die polisiebeampte wat jou ’n saaknommer gegee het.
  5. ’n Onlangse foto van jou kind.