Hierdie skopsuil kon net sowel ’n verkleurmannetjie in sy natturlike habitat gewees het!

Die Suid-Afrikaanse wildbewaarder Roan du Plessis het hierdie byna onwerklike foto geneem by die Beyond Ngala Safari Lodge, ’n privaat wildreservaat naby Hoedspruit waar hy werk.

Roan (26) het hierdie foto vroeër vandeesmaand geneem om besoekers te wys hoe goed die wildreservaat se opspoortoestelle is as dit kom by die opspoor van diere.

Lees ook: Kan jy die selfoon op dié foto opspoor?

“Ek beskou nie myself as ’n professionele fotograaf nie, maar die geleenthede om ongeloofliek foto’s te neem is eindeloos as gevolg van die werk wat ek doen,” het Roan aan die Mail Online gesê.

Hy voeg ook by hy sal in die toekoms weer sulke foto’s kan neem omdat dit tipiese gedrag van die skopsuil is. “Dis natuurlik as ons hulle kan kry,” skerts hy.

Kyk of jy die uil in hierdie foto kan opspoor. Toemaar, ons het ook gesukkel! As jy vasbrand kan jy altyd die balkie na links skuif om te sien waar die skopsuiltjie skuil.

Bronne: Caters News Agency, dailymail.co.uk