Maar die dogters van bekende modelle is nou ook besig om op ’n baie jong ouderdom, hul stempel af te druk in die glansryke wêreld van mode en skoonheid. Lila Grace Moss Hack (14), dogter van die super-beroemde Kate Moss, het verlede week vir die eerste keer ’n werk as model losgeslaan, berig The Telegraph. Haar ouers het lank probeer om haar uit die kollig te hou maar sy gaan nou te sien wees in ’n promosie-foto vir The Braid Bar, ’n onderneming wat hare vleg. Haar foto stel ’n nuwe vlegsel ten toon.

Net so het Iris Law (16), dogter van die akteur Jude Law en Sadie Frost, vroeër vanjaar nog ’n kontrak losgeslaan. Sy is vir die tweede keer deel van die modehuis Burberry se skoonheidsveldtog.

Me for #burberrybeauty thank you @burberry

A post shared by Iris Law (@lirisaw) on

@burberry hehe ?????? crazyy

A post shared by Iris Law (@lirisaw) on

Dan is daar ook die skone Lily Rose Depp (17) wat al vir die gesogte modehuis Chanel op die loopplank verskyn het. Lily Rose is die dogter van die akteur Johnny Depp en die Franse sanger en model Vanessa Paradis.

Bonbon?

A post shared by Lily-Rose Depp (@lilyrose_depp) on

En boonop het sy ook al op ’n hele paar tydskrifvoorblaaie verskyn.
Onthou jy nog die Amerikaanse model Christie Brinkley?

Still Sticking with the 150 Th Anniversary Celebration for @harpersbazaarus so here's a #tbt to 1978

A post shared by Christie Brinkley (@christiebrinkley) on

Wel, haar dogter, Sailor Brinkley-Cook (18), is ook besig om naam te maak as model by IMG Models.

Thank you @nicksuarezphoto ? (Also- go click the link in my bio!!!!!)

A post shared by Sailor Brinkley Cook (@sailorbrinkleycook) on

En dan is daar natuurlik Cindy Crawford se dogter, Kaia Gerber, wat mense al van ’n jong ouderdom aan die praat gehad het omdat sy so baie na haar ma lyk.
Kaia is nie net die gesig van Marc Jacobs se parfuum Daisy nie, sy is ook te sien in ’n advertensie vir ’n Filippynse kettingwinkel, berig GMA Network.

#mjdaisy for @marcjacobs by @alasdairmclellan

A post shared by Kaia (@kaiagerber) on

@teenvogue's girl power issue on stands now ??? - @yemchuk

A post shared by Kaia (@kaiagerber) on