Die speletjie is deel van ’n voortgesette studie deur navorsers van die universiteite van Exeter en Cardiff. As deel van die studie het 41 mense binne ses maande ongeveer 0,7 kg per week skraler geword. Hulle het aanhou gewig verloor, selfs nadat die proefneming, wat ses maande geduur het, geëindig het.

Die bevindings is op 15 Junie in die tydskrif Appetite gepubliseer.

Die span het, in samewerking met Daily Mail, ’n 10-minute-variasie van die speletjie ontwikkel om hul teorie te toets. Deelnemers moet die speletjie vier keer per week speel.

“Spelers” sal gevra word om te reageer op sekere beelde/prente (gewoonlik gesonde kos of klere) deur spesifieke toetse op hul toetsbord te tik en om nie op ander prentjies/beelde (gewoonlik ongesonde kos soos koekies en sjokolade) te reageer nie.

“Hierdie bevindings tel onder die eerstes wat suggereer ’n beknopte, eenvoudige, gerekenariseerde instrument kan mense se daaglikse eetgedrag verander,” het dr. Natalia Lawrence, leier van die studiegroep, gesê.

“Dit open opwindende moontlikhede rakende nuwe ingrypings om gedrag te verander, gegrond op onderliggende sielkundige prosesse.”

Sy het gou daarop gewys hierdie soort opleiding is nie ’n “kuur” vir vetsug nie.

Vir meer inligting of om deel te neem aan die studie, klik hier.

Bronne: dailymail.co.uk, foodtraining.exeter.ac.uk, medscape.com