Siyanda Mbanjqwa, die Suid-Afrikaanse Nasionale Taxiraad (Sanco) se provinsiale sekretaris, het Maandag aan huisgenoot.com bevestig die staking is “vir eers op ys gesit”. 

Joe Maswanganyi, minister van vervoer, het Sondag ook dié nuus op ’n mediakonferensie in Pretoria aangekondig.  

Die besluit volg nadat lede van die departement en Sanco Vrydag ontmoet het. Op die vergadering het Sanco die taxibedryf se uitdagings aan die departement voorgelê, waarna dit bespreek is. 

“Die minister het Vrydag bevestig die departement sal, soos deur Sanco versoek, die taxibedryf hul samewerking gee,” het Siyanda gesê. 

"Die regering en Sanco het ingestem om saam te werk om die uitdagings die hoof te bied wat die taxibedryf steeds ervaar, soos duidelik op die vergadering uiteengesit."