Onlangse gebeure, waaroor jy hier kan lees, het ons laat driedubbel seker maak ons stuur selfs die doodgewoonste WhatsApp na die regte ontvanger.

whatsapp-delete

Maar wat gebeur as jy die aaklige fout maak om ’n boodskap aan die verkeerde mens stuur? Selfs al dit nie ’n grafiese foto of ’n selfie met slegte beligting nie; jy gaan ys nadat jy stuur gedruk het.

Die goeie nuus is jy kan iets daaraan doen, maar jy moet vinnig speel!

Eerstens, skakel jou selfoondata en Wi-Fi so gou moontlik af. Die eenvoudigste manier om dit te doen, is om vliegtuigmodus aan te skakel.

As jy ’n slimfoon gebruik, hou jou vinger op die boodskap wat jy wil uitvee. ’n Klein keuselys sal verskyn waarop ’n uitvee-opsie beskikbaar is. As jy dit nie sien nie, moet jy dalk op die pyltjie regs tik om nog keuses te wys.

whatsapp-how-to-1

Maar, wees gewaarsku, die kunsie werk net as die boodskap nog nie aan die ander mens se foon afgelewer is nie - met ander woorde, as daar nie ’n regmerkie langsaan is nie.

En sê nou daar is? Wel, daar is ’n manier om dit ook te omseil! As daar ’n enkele regmerkie langs die boodskap is, beteken dit WhatsApp se bedieners het dit ontvang, maar nie die ontvanger se foon nie. Gaan vinnig op WhatsApp by hul kontakinligting in (tik op hul naam boaan die skerm). Rol af na “Block sender”.

whatsapp-block

Lees ook: Dié eenvoudige truuk sal jou wys wie jou beste vriend op WhatsApp is

Terwyl dit beslis werk om tydelik te verhoed dat ’n teksboodskap deurgaan, maan HowToComp die boodskap sal steeds gestuur word as jy die kontak oopstel voor 30 dae verstryk het. Dit is glo hoe lank boodskappe op WhatsApp se bedieners gehou word.

As die boodskap deurgegaan het - dit wil sê twee regmerkies langsaan het - is daar ongelukkig nie veel wat jy kan doen om dit te herroep nie, al het die mens dit nog nie gelees nie.

Buiten hul foon gaps en dit in die toilet gooi. Maar ons beveel dit nie aan nie.

Tog laat dit jou ook met die tergende vraag: Is my WhatsApp-boodskappe werklik weg as ek dit uitvee?