[caption id="attachment_132181" align="alignnone" width="600"]Oscar tydens sy vonnisoplegging op 6 Junie. FOTO: Martin de Kock Oscar tydens sy vonnisoplegging op 6 Junie. FOTO: Martin de Kock
[/caption] Só het regter Thokozile Masipa Vrydag in die Johannesburgse hooggeregshof beslis ná adv. Gerrie Nel (die staatsaanklaer) daarop gehamer het die ses jaar wat die lemnaeler opgelê is na hy sy destydse meisie, Reeva Steenkamp, vermoor het, is skokkend lig. center>

“Wat wil die staat hê? Tien jaar? Wat is die praktiese implikasies daarvan? Die regsprosesse word uitgerek en Oscar is onderwerp aan die onsekerheid hiervan,” het adv. Barry Roux (wat Oscar se verdedigingspan lei) teruggekap.

Oscar word soos ’n ‘pieng-pong bal’ van hof na hof gestuur en die ellelange hofsaak moet nou end kry, het Barry aangevoer.

Masipa het aan sy pleidooi om die staat se verlof tot appèl te weier, gehoor gegee.

Dit beteken die ses jaar tronkstraf wat sy Oscar in Julie opgelê het na die appèlhof in Bloemfontein beslis het die voormalige Paralimpiese held is aan moord en níé strafbare manslag skuldig nie, geld steeds.

Die staat kan nou direk by die appèlhof aansoek doen vir verlof om teen Masipa se vonnis te appelleer.