Dié universiteit het Maandag in 'n verklaring aangedui dat klasse wel Dinsdag hervat gaan word. Party studente was egter nie hiervoor te vinde nie en wou aanhou betoog. Die studente wou by die Solomon Mahlangu House vergader, maar is toegang geweier. Die polsie het gevra dat betogende studente eerder terugkeer na hul klasse. Daar is ook 'n kampuswye reël aangekondig dat studente nie in groepies van meer as 15 mag vergader nie. 15:33 Studente drom saam by die Hillbrow-polisiekantoor.

Intussen het 'n foto waar studente 'n polisiebeampte vroeër vandag aanval, ook begin versprei.
13:11 Van die studente begin nou van hul klere ontslae raak.
Drie vroue-studente het glo al hul hemde uitgetrek.

13:05

Jacques Myburgh, Huisgenoot-joernalis vertel:

’n Groep Wits-studente staan en kyk uitdagend vir die polisie. Die polisie staan gereed, sowat 200 m van die studente af. Groot vuurwapens word styf vasgehou, gereed vir as dinge weer hand uit ruk.

So nou en dan trek ’n klip deur die lug, in die rigting van die polisiebeamptes.

Die gemoedere is ’n bietjie kalmer as vroeër vandag, toe die polisie studente met skokgranate bestook het en rubberkoeëls afgevuur het.

Hier voor die Great Hall op die kampus is die plaveisel met rommel besaai. Stukkende bierbottels en klippe lê oral gestrooi. Van die polisiebeamptes tel hier en daar klippe op om dit te verwyder.

Almal wag gespanne vir die onderhandelings tussen die studente-leiers en die polisiebeamptes. Hulle wag om te hoor wat volgende gaan gebeur.

Die studente sing en dans. Harder en harder. Een student staan met ’n knopkierie.

Die traangas van vanoggend het weggewaai. Maar soos die studente meer luidrugtig raak, lyk dit asof dinge later weer geweldadig kan raak... 12:35 'n Student wat by die betoging rondgestap het met 'n plakkaat wat sê dat dit sy reg is om klas toe te gaan, is deur die betogers aangeval.

Nog 'n polisiebeampte is intussen beseer.
Daar is nog nie duidelikheid oor die uitkoms van die onderhandelinge tussen die studente en polisiebeamptes nie.
12:23 Wits-studente bestook polisie glo met bottels en klippe.
12:15 Die polisiebeampte wat beseer is, is glo deur studente aangeval. Dit is glo waarom polisie begin skiet het en skokgranate afgevuur het.
12:05 Die studente by Wits het vir polisiebemaptes blomme aangebied, maar toe die polisiebeamptes dit nie wou neem nie, het hulle dit by hul voete neer gesit.
'n Polisiebeampte is ook beseer in die konfrontasie met die studente.

Van die studente-leiers het met die polisiebeamptes gaan onderhandel. Dit is nog nie duidelik wat die studente volgende beplan nie. 11:31 Die polisie-beamptes het die studente met traangas gegooi.

Adv. Dali Mpofu, voorsitter van die EFF neem ook deel aan die optog.
11:20 Die polisie het ook rubberkoeëls afgevuur en 'n student is in die nek getref.

11:00 'n Skokgranaat vlieg verby Huisgenoot-joernalis Jacques Myburgh se kop. Die groep studente bestaan nou uit tussen 500 en 600 studente. Hulle het 'n eetplek op kampus met rooi verf bygedam en trek die pale wat bome stut, uit die grond uit.

Een student stap met 'n klip rond. Hulle beweeg weer in die rigting van die kampus se hoofingang.
<10:36> Die groep studente raak al hoe groter, hulle drom saam by die Wetenskapgebou en ontwrig klasse.
10:15 Studente beweeg nou singend na die administrasie-gebou op kampus.

10:10

Studente van die Universiteit van die Witwatersrand het net na 10:00 met ’n optog by die hoofingang van die universiteit begin. Hulle beweeg singend in die rigting van Empireweg.

Talle ander studente gaan hul gang op kampus, stap rond en gaan kafeteria toe. Tot net voor 10:00 het baie van die betogende studente nog voor die Great Hall gesit. Hulle was rustig, het gelag en gesels. Tientalle polisiebeamptes hou ’n wakende oog. 09:50 Na chaos vanoggend heers daar nou glo kalmte op die kampus van die Universiteit van die Witwatersrand. Huisgenoot se joernalis is op die toneel.

09:10 Die polisie het betogende studente met skokgranate uitmekaar gedwing.
08:45 Skokgranate is ingespan op betogende studente en volgens Netwerk24 is minstens een student al in hegtenis geneem. Ongeag die protes het die universiteit weer beklemtoon dat akademiese aktiwiteite op die kampus Dinsdag hervat sal word.
Studente het in die sosiale media kommentaar gelewer oor die streng polisieteenwoordigheid op kampus.
Wits studenteleier Busisiwe Seabe is reeds gearresteer: