In 'n video wat Crime Air Network Maandag gedeel het, kan duidelik gesien word hoe 'n motor van die kampus van die Universiteit van KwaZulu-Natal omgekeer word. Die motor behoort na bewering aan kampus-sekuriteit.

Jillende studente spaander in alle rigtings terwyl dit klink asof skote in die agtergrond afgevuur word. So het die motor gelyk nadat dit omgekeer is.
Traangas word nou op die kampus ingespan.
Ook die Universiteit van Pretoria het weer eens deurgeloop toe die toegangshekke oopgebreek is.
Vroeër het studente oor die heinings geklouter om toegang tot die kampus te verkry.
Lees ook: Wat presies gaan aan op ons kampusse? Skokgranate weer eens deel van die landskap by die Universiteit van die Witwatersrand.
Studente by die Universiteit van die Vrystaat word in hegtenis geneem.