Shirona Patel, woordvoerder van die instelling, het die tragiese nuus bevestig. “Die universiteit het ’n verslag ontvang dat ’n werknemer van een van ons diensverskaffers wat in ’n kampkus-koshuis gewerk het verlede week oorlede is,” het Shirona in ‘n verklaring gesê. “Die werker is na die kampusgesondheids-en-welstandsentrum gehaas en toe hospitaal toe geneem waar die werker ’n paar dae behandel is.” Volgens Shirona het die werker het gesterf na ontslag uit die hospitaal.

Die oorsaak van die werker se dood moet nog vasgestel word. “Die universiteit wag op ’n verslag van die diensverskaffer voor hy verder kommentaar lewer. Ons innigste simpatie gaan uit na die familie, vriende en kollegas van die werker.”

Wits se studente het verlede week oor gratis opvoeding begin betoog ná die minister van hoër onderwys en opleiding, Blade Nzimande, se bekendmaking dat universiteite oor fooiverhogings vir 2017 kon besluit mits dit nie 8% oorskry nie.

Verskeie studente is in hegtenis geneem nadat hulle met die polisie gebots het. Studente het klippe na die polisie gegooi tydens die betoging. Studente het ook na Cosatu-huis opgeruk om die federasie te noop om werkers te mobiliseer om by hul protesoptredes aan te sluit.

Wits het die hulp van die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) gevra om ’n peiling te doen om vas te stel hoeveel studente en personeel wil hê die akademiese program moet hervat word.

Studente eis gratis opvoeding vir almal in 2017.

Bron: News24