“Die tragiese voorval het by die Lizard-koshuis op die universiteit se Pretoria-kampus gebeur,” het die universiteitswoordvoerder Willa de Ruiter gesê.

Volgens die SABC het die beskuldigde besef die oorledene het hul kamerdeur met ’n ander slot gesluit. In reaksie daarop het die beskuldigde ’n boutsnyer in die hande gekry om van die slot ontslae te raak.

’n Woordewisseling het gevolg en die oorledene is met die stuk gereedskap aangeval.

Die oorledene se naam mag nie bekend gemaak word nie omdat die familie nog nie daarvan in kennis gestel is nie.

Vroeër vandag

’n Onderonsie tussen twee studente aan die Tswane Universiteit van Tegnologie (TUT) Donderdagaand het gelei tot een van die twee se dood. Die verdagte is op die toneel in hegtenis geneem nadat een van die universiteit se studente dood buite een van die koshuise gevind is.

Die universiteit sal weldra meer inligting bekend stel. Willa de Ruyter, universiteitswoordvoerder, het aan Eyewitness News gesê dat die die universiteit die nuus van ’n student se dood betreur.