al was die Keeping Up with the Kardashians-kameraspan nie welkom nie.

Al was Kris Jenner (57) se kamera byderhand toe klein Kaidence Donda West Saterdag 15 Junie in Los Angeles haar eerste lewenslig aanskou, het ’n bron het aan die skinderwebtuiste RadarOnline.com gesê daardie beeldmateriaal is privaat en sal nie vir ’n spesiale aflewering van die E!-werklikheidsprogram gebruik word nie.

Die bron het vertel toe Kanye (36) Vrydag by die hospitaal opdaag waar die ontstelde Kim (32) was nadat sy kraampyne gekry het, het hy die TV-kameraspan die deur gewys.

Die bron het gesê: “Die kameraspan van Keeping Up with the Kardashians was heelweek by Kim. Toe sy hospitaal toe is, het die kameras het haar daarheen gevolg; hulle wou haar na die hospitaal vergesel. Toe Kanye daar aankom, het hy hulle die trekpas gegee en hulle is vort. Kanye wou nie hê sy kosbare oomblik moet vir TV vasgelê word nie.

“Kim se ma en bestuurder, Kris, was in die kraamsaal. Sy het dele daarvan vir die familie verfilm. Kanye het vir Kris gesê wanneer sy kon verfilm.”

Kim se suster Kourtney (34) het toegelaat dat die geboorte van albei haar kinders, Mason (3) en Penelope (11 maande), met tuisvideokameras opgeneem en vir spesiale werklikheidstelevisieprogramme gebruik word.