'n Vrou is deur ’n kamera betrap waar sy opnuut blomme wat by 'n graf geplant is, skaamteloos afpluk en dan daarmee weghardloop.

Marg Allerston-Medeiros, van Ontario, Kanada, het ’n kamera naby haar moeder se graf versteek toe sy agterkom dat eerbewyse herhaaldelik wegraak.

En toe betrap sy die skuldige op heterdaad.

Die dief, wat niks agtergekom het nie, het teruggekeer om die blomme wat Marg vir haar moeder, wat vroeër vanjaar op 86-jarige ouderdom oorlede is, geplant het, af te pluk.

Marg het die video op haar Facebook-bladsy geplaas en gevra dat mense wat inligting oor die vrou het, dit aan haar moet stuur.

Bronne: metro.co.uk, YouTube.com