’n Kameelperd is Donderdag vrek nadat dit sy kop gekap het terwyl dit in ’n trok op die N1 in Centurion was, het die Vereniging vir die Voorkoming van Wreedheid teenoor Diere gesê.

“Die kameelperd is dood weens trauma teen die kop,” het die vereniging se besturende direkteur in Tshwane, Rick Allan, gesê.

Die is onduidelik wat die kameelperd se kop getref het.

Die manier waarop die kameelperd vervoer is, was verkeerd, het Rick gesê.

“Die kameelperd se kop was bo die voertuig.”

Lede van die publiek het die verenging in kennis gestel van twee kameelperde wat in ’n trok vervoer word.

Die vereniging is vertel ’n kameelperd het sy kop gestamp. Die ander kameelperd rus by ’n diere kliniek vir wild.

- Sapa