’n Kalkoen het hom onlangs in die lug bevind, teenstrydig met die opvatting dat kalkoene nie kan vlieg nie.

Ons kul wel so ’n bietjie met die storie. Die kalkoen het werklik gevlieg, maar as ’n passasier op een van die Delta-lugredery se passasiersvliegtuie. Nie in die bagasieruim nie, maar wel op sy eie sitplek. Reg langs sy eienaar. Soos dit hoort as jy as “troosdier” saam met iemand reis.

Lees ook: Top tien vreemdste fobies

Verskeie Amerikaanse lugrederye laat mense toe om met “troosdiere” vir emosionele steun te reis mits die diere opgelei is “om hul ordentlik te gedra in ’n openbare sitruimte”. Die troosdierprojek is behandelingsterapie wat daarop gemik is om die kwade simptome van iemand se emosionele of fisiologiese stabiliteit te verlaag en vertroosting te bring. Lees ook: Kat in apiepak neem internet op horings In hierdie geval is dit ’n welberese kalkoen. ’n Paar dae voor die foto van die voël in die vliegtuig gedeel is, is hy ook ewe houtgerus in ’n rolstoel opgemerk.

Dis onbekend wat die kalkoen se keuse op die spyskaart tydens die vlug was.

Bronne: telegraph.co.uk, sfgate.com