pizza

(Genoeg vir 4 mense)

Dis wat jy gaan nodig kry:

500 g pizza-deeg

170 g pizza-sous

170 g hoender, in blokkies gesny

85 g spekstukkies, gaar

85 g ham, in stukkies gesny

110 g pynappel, in klein blokkies gesny

1 groen soetrissie, in blokkies gesny

1 rooi soetrissie, in blokkies gesny

1 ui, dun skywe gesny

15 ml (1 e) vars knoffel, gekap

15 ml (1 e) pikante gemengde speserye

110 g gouda, gerasper

110 g cheddar, gerasper

110 g mozzarella, gerasper

Rek die deeg en pak dit op ’n bord. Smeer die pizza-sous op. Hou eenkant. Meng die hoender, spek, ham, pynappel, soetrissies, uie, knoffel en speserye. Hou eenkant. Meng die kase en sprinkel die helfte oor die sous. Versprei die bolaagmengsel eweredig oor die basis. Sprinkel die ander helfte van die kaas oorbak 18-20 min. teen 200 °C tot die kors goudbruin en die kaas gesmelt is.

Resep deur Wisconsin Cheese 

Vir hierdie en ander resepte besoek Checkers.