Die eienaar, Dwight Crews, sê hy het in sy 60 jaar van veeboerdery nog nooit so iets gesien nie. Dis nie verbasend nie – die kanse dat ’n kalf met twee koppe gebore word, is 1 uit 400 miljoen.

Die vroulike kalfie, Annabel, sukkel om op te staan, maar drink gemaklik uit ’n bottel uit. Terwyl die een mond suig, beweeg die ander een ook glo.

Die langste wat ’n tweekopkalf in die verlede geleef het, was 40 dae volgens Ripley’s Believe It or Not.

Bronne: AP, Yahoo News, Daily Mirror