Hulle het gedink Amerika is die plek waar hulle wil wees en wil naam maak, maar nou weet Kahn Morbee meer as ooit tevore Suid-Afrika is sy huis.

“Niks is belangriker as familie en vriende nie en om by die mense te wees vir wie jy lief is. Dit is net soveel belangriker as om iets te probeer najaag ten koste daarvan.”

Hy en sy groep, The Parlotones, het drie jaar gelede Amerika toe gegaan met die idee om hul gesinne later ook daar te vestig. Dit is egter nou al meer as ’n jaar dat hulle almal heeltyds terug is in Suid-Afrika en in Johannesburg woon.

Lees ook: Francois van Coke gesels oor ouderdom en sê hoe dit hom verander het

Ons gesels met Kahn by die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) op Oudtshoorn waar hy vroeër vandeesweek saam met Karen Zoid in die opelugvertoning Zoid Afrika opgetree het.

[caption id="attachment_121387" align="alignnone" width="600"]Foto: Peet Mocke Kahn het vroeër vandeesweek in die opelugvertoning Zoid Afrika opgetree. Foto: Peet Mocke[/caption]

Kahn en sy vrou, Candice, het intussen ouers geword van ’n babaseuntjie, Jaxon, wat agt maande oud is en hy sê hy geniet dit baie om pa te wees. “Ek neem gewoonlik die oggendskof. Ek het nou ongelukkig nie melk nie, maar daar is sekere goed waarmee ek regtig kan help.

Lees ook: ‘Sy gee my hoop’: Neels van Jaarsveld gesels oor die toekoms, die liefde in sy lewe

“Ek dink enige ouer sal vir jou sê dit is nie kinderspeletjies nie en daar is nie ’n boek wat presies vir jou sê wat om te doen nie. Maar ek is regtig mal daaroor (om pa te wees).”

[caption id="attachment_121388" align="alignnone" width="600"]Foto: Peet Mocke "Ek is regtig mal daaroor (om pa te wees), vertel Kahn.” Foto: Peet Mocke[/caption]

Kahn geniet dit om deel te wees van die talentprogram The Voice South Africa en sê hy dink dit is van die min werklikheidsreekse wat waarlik opbouend is.

– Marelize Potgieter

Ander stories op Huisgenoot.com:

Kyk: Dié 7 akteurs besit hotelle – en so lyk dit!

Gelukkige einde vir oupa ná ’n hartseer foto van hom soos ’n veldbrand versprei

Jy sal nie glo saam met watter superster Juan de Jongh in Brasilië ’n selfie geneem het nie!

Verveeld en sonder Wi-Fi? Probeer dié versteekte Chrome-speletjie

Kyk: Blinde terapiehond Smiley doen sy naam gestand

Kwêla se Hannes van Wyk: ‘Ek doen baie huiswerk’

Charmaine en Errol van die Laan: ‘Wat jy insit, gaan jy uitkry’