Die presidensie het kort ná middernag Vrydagoggend ’n verklaring met die volledige lys ministers en adjunkministers uitgereik, maar nie alle Suid-Afrikaners het op ’n hopie gaan sit na dié onaangename aankondiging nie. Hier is van die snaaksste memes wat spitsvondige Suid-Afrikaners op die internet gedeel het om die humor in ¹n andersins droewige situasie te sien.