Sy is om 19:35 as vermis aangemeld nadat sy die middag by die Mitchells Plain-stadsentrum gesien is. Haar lyk is in ’n beboste deel agter die Swartklip binnenshuise sportsentrum in Tafelsig, Mitchells Plain, gevind.

Die oorsaak van haar dood is nog nie bekend gemaak nie en niemand is in verband met haar dood in hegtenis geneem nie. Gerugte doen die ronde dat sy moontlik verwurg is.

Stacha se moord volg ’n week nadat die liggaam van Rene Roman (13) op Dinsdag 21 Maart in ’n huis in Lavender Hill gevind is. Rene het haar ma op 10 Maart gehelp wasgoed ophang toe sy gevra het om na die nabygeleë winkel te gaan om skyfies te koop.

Haar gedeeltelik ontbinde lyk is in Sint Agatha-straat gevind. Dit was bedek met ’n mat, haar hande en voete was vasgebind en sy was byna naak.

’n Man (50) is weens haar moord in hegtenis geneem.

Enigiemand wat meer inligting oor Stacha het, word versoek om konst. Ashley Donough by 082-777-8016 of die polisie se Stop Misdaadnommer by 08600-10-111 te bel.

Bronne: news24.com, netwerk24.com, searchsa.co.za