Die voorval het in in Eislebenstraat in Lentegeur, Mitchells Plain, plaasgevind.

Volgens berigte het die bestuurder van die voertuig ’n rooi verkeerslig oorgesteek en ongeveer 180 km/h gery.

Die slagoffer, wat die pad te voet oorgesteek het, is so hard getref dat haar ledemate van haar lyf geskeur is.

Ooggetuies het in afgryse geskreeu en toegekyk hoe die vrou se liggaam en haar ledemate sowat 50 m deur die lug trek, berig die Daily Voice.

Die vrou se ledemate is van haar liggaam geskeur. Foto: Verskaf

’n 17-jarige tiener is in verband met die voorval in hegtenis geneem.

Die tiener het na bewering van die toneel weggejaag, maar is deur die polisie terug na die toneel vergesel.

Kapt. FC van Wyk, ’n polisiewoordvoerder, het die voorval bevestig.

“ ’n Saak van strafbare manslag is geopen en word ondersoek. ’n 17-jarige jeugdige is terug na die toneel gebring deur ’n verkeersbeampte wat hom opgespoor het. Die slagoffer het op slag gesterf,” sê Van Wyk.

Bykomende bron: Daily Voice