Dit wil voorkom of ’n vuurwapen nalatig hanteer is.

Die voorval het Saterdag by die Atlantis-skietbaan, noord van Kaapstad, plaasgevind. Die polisie benut die skietbaan.

Dis nog onduidelik hoe die polisielid beseer is.

Kol. André Traut, ’n polisiewoordvoerder, het gesê: "'n Polisieman is Saterdag in sy arm gewond. ’n Saak is geopen en word ondersoek."

Hy het bevestig 'n vuurwapen is na bewering nalatig hanteer.

Die beseerde beampte is in die hospitaal opgeneem.