Luidens berigte is die 11 maande oue baba Woensdagmiddag dood toe die pa by sy huis se oprit inry.

Die babameisie het na bewering by die huis se deur uitgegaan en oor ’n veiligheidshekkie geklouter.

Haar pa het nie besef sy kind is in die erf nie, en sy het onder die bakkie beland toe hy by die oprit inry.

Volgens lt.kol. Andrè Traut, polisiewoordvoerder, word die omstandighede rondom die voorval ondersoek.

“ ’n Saak van strafbare manslag is aangeteken,” het hy gesê.