Die voorval het Vrydagaand by die Loose Goose-restaurant in Raglanstraat, Belville, plaasgevind.

“Volgens verslae het vier gewapende mans die perseel betree en die klaer gedreig. Hulle het met ’n onbekende kontantbedrag gevlug,” het sers.Noloyiso Rwexana, polisiewoordvoerder van die Wes-Kaap, gesê.

Volgens bronne het die verdagtes, geklee in polisie-uniforms, die perseel betree waarna die rooftog uitgevoer is.

Selfs besoekes aan die klub is gedreig. Selfone en ander waardevolle items is van hulle gebuit.

Niemand is nog in hegtenis geneem of tydens die voorval beseer nie.

Bron: news24.com