Maandag is dit reeds ses dae sedert twee matriekmeisies aan die Hoërskool De Kuilen van Kuilsrivier naby Kaapstad spoorloos verdwyn het.

Nayoca Plato (17) en Robyn van Leeve (19) is laas op 1 Maart omsteeks 07:15 die oggend gesien. Volgens kringtelevisie was hulle toe op die hoek van Kerk- en Van Riebeeckstraat in Kuilsrivier.

Albei was geklee in hul skooluniform, wat bestaan uit ’n wit hemp, groen rok, wit sokkies en swart skoene.

Kapt. FC van Wyk, polsiewoordvoerder, sê Nayoco weeg ongeveer 65 kg en is 1.7m lank. Robyn weeg ongeveer 50kg en is ook 1.7m lank.

Familielede het Maandag aan Huisgenoot bevestig die meisies is beste vriende. Hulle was huiwerig om hulself te veel oor die verdwyning uit te laat in die vrees dat enigiets die ondersoek kan belemmer.

Enigiemand met inligting oor waar die meisies hulself bevind, kan vir sersant Andries Binedell by 021 900 2845 of 084 563 4690 of Crime Stop by 08600 10111 bel.