Die voorval het op 14 Desember 2016 in Arumweg, Table View, plaasgevind.

Volgens ’n ooggetuie het Darrel voor die voorval teen hoë spoed in die pad gery kort voordat hy die groep toeriste op die sypaadjie getref het.

Een van die toeriste, ’n 19-jarige Sweed, het op die toneel aan veelvuldige beserings beswyk.

Die ander vyf toeriste – afkomstig van Holland, Israel, Denemarke en Swede – het ook tydens die voorval beserings opgedoen. Hulle was luidens berigte betrokke by vrywilligerswerk in Suid-Afrika.

Darrel is op die toneel in hegtenis geneem en die alkoholvlak van sy bloed is onmiddellik getoets. Hy is op 19 Desember op borgtog van R5 000 vrygelaat.

Darrel moet weer op 9 Mei in die hof verskyn op aanklagte van strafbare manslag, roekelose en nalatige bestuur en dronkbestuur.

Bronne: news24.com. sabreakingnews.co.za, netwerk24.com. timeslive.co.za