In die foto’s waarop die New York Daily News hul hande gekry het, skepbordry (staan en roei) die ster van Pirates of the Caribbean saam met die Roar-sangeres.
Natuurlik word daar ook heerlik die draak met die akteur gesteek in sosiale media.
Die paartjie is ook gekiek waar hulle mekaar omhels, Orlando in sy kortbroek op die strand in Sardinië.
Dis onduidelik of die akteur geweet het hy word afgeneem en hy het nog nie kommentaar op die foto’s gelewer wat glo Dinsdag geneem is nie.
Katy en Orlando word sedert Januarie romanties verbind nadat hulle saam gesien is by ’n geleentheid na afloop van die Golden Globes-prysoorhandigingseremonie. Hulle het in Mei hul debuut op sosiale media gemaak in ’n snaakse kiekie wat die popster op Instagram geplaas het waar hulle bypassende wit hoteljaponne oor hul swemdrag dra en op die trappe van die Hotel du Cap-Eden-Roc lê. Katy het toe tydens die amfAR Cinema Against Aids-galageleentheid in Frankryk opgetree. Daarby het sy geskryf: “We cannes’t”, moontlik ’n verwysing dat hulle nog herstel van die partytjie die vorige aand.

A photo posted by KATY PERRY (@katyperry) on

Orlando was ook Katy se metgesel na die Demokratiese Party se nasionale konvensie verlede maand waar sy opgetree het ter ondersteuning van die presidentskandidaat Hillary Clinton.

A photo posted by KATY PERRY (@katyperry) on

Katy het toe ook ’n toespraak gelewer en gesê die 39-jarige akteur het haar daarmee gehelp.

Hoewel Katy nie haar kêrel se naam op die verhoog genoem het nie, was hy in die gehoor en het hy haar verskyning op sy selfoon opgeneem.

Hulle het nog nie die romanse bevestig nie.

© Cover Media