In ’n nuwe Britse studie is bevind die beste manier om ’n huwelik gelukkig te hou, is om kaal te slaap.

Navorsers van die groep Cotton USA het 1 004 mense ondervra oor hul verhoudings en huwelik en bevind sowat 57 persent van dié wat meen hulle is gelukkig in hul verhouding, slaap kaal, berig die Daily Mail.

“Beddegoed kan baie sag voel teen die vel en dus eerlikheid en intimiteit tussen twee mense aanmoedig. Dit sal hulle naderhand ook gelukkiger maak,” het Stephanie Thiers-Ratcliffe van Cotton USA gesê.

Die studie het ook lig gewerp op ander slaapkamergewoontes wat ’n paartjie se geluk kan belemmer. Om in die slaapkamer te eet, vuil wasgoed op die grond te laat lê of met sokkies aan te slaap kan alles jou wederhelfte afsit.

Daily Mail