Die Black Sabbath rocker se vrou, Sharon, het gister (Donderdag) op haar kletsprogram The Talk vertel van haar man se skermutseling met ’n dief toe hulle praat oor die musiekmagnaat Simon Cowell se onlangs huisbraak. “Dit het in die middel van die nag gebeur. Ek het natuurlik deur alles geslaap. Ek het ’n paar pilletjies geneem of iets en ek was heeltemal bewusteloos,” het Sharon vertel.

"Met alles wat rondswaai, gryp hy die ou aan die nek"

“My man slaap kaal - dis wonderlik! Hy was in die badkamer en het uit die hoek van sy oog iets gesien. So hy’t gepiepie en uitgekyk (by die deur) en die ou in die rigting van die oop venster (op die eerste vloer) sien stap.

“Ozzy gaan toe in die kamer in, en met alles wat rondswaai, gryp hy die ou aan die nek sodat hy agter die ou is. Ozzy het vertel die man het soos ’n mal mens paniekbevange geraak en het in vreemde tale gepraat. Ek het toe gesê hy’t seker gebid omdat hy gedink het jy wou seks met hom hê!”

© Cover Media