As jy dit geniet om kaalbas rond te loop, beplan gerus ’n vakansie na München, Duitsland.

Naaktheid in die openbaar is pas in dié stad gewettig. Inwoners en toeriste kan nou in ses aangewese nudiste-sones hul klere laat waai en in hul geboortepak rondloop.

Dié gebiede, waarvan een minder as 10 minute van die stad se hoofplein af is, is nie afgesper of weggesteek nie.

Naaktheid is nie ’n nuwe foefie in Duitsland se derde grootste stad nie; dit is glo algemeen om nudiste in verskeie dele van die stad te sien, soos die Englischer Garten en verskeie plekke langs die Isar-rivier.

Nudisme is algemeen in Duitsland – die eerste naturistestrand is reeds in 1920 gestig.

Bron: dailytelegraph.co.uk